ROCCO & COENIE DE VILLIERS 88 (JHB)

ROCCO & COENIE DE VILLIERS 88 (JHB)

ROCCO & COENIE DE VILLIERS 88 (JHB)

from 04 Mar 2026 19:30

About

‘n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie debuut saam. Hulle word op die verhoog deur Suid-Afrika se kitaar-maestro, Mauritz Lotz, bygestaan.
Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – Hulle style is uiteenlopend, maar hulle deel een groot liefde: Die klavier. In die proses skep hierdie musikante ‘n sonderlinge, nuwe klank. “En nee,” lag Coenie. “Ontspan - ek dra nie kortbroek op die verhoog nie!”

GENRE:
Musiekteater
DEBUUTWERK:
Ja
OUDERDOMSPERK:
Geen – gesinsvriendelik
TEKS & MUSIEK
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
REGIE
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
PRODUKSIEHUIS
Rocco Rocco Music Pty Ltd/CDV Market Ideation Edms(Bpk)
OP DIE VERHOOG
Rocco de Villiers: Klavier en klawers
Coenie de Villiers: Klavier en klawers
Mauritz Lotz: Alle kitare

Die produksie is in Afrikaans opgevoer.

Venue

Pieter Toerien Montecasino Main Theatre, Johannesburg  Location on Google Maps

January 2027

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
 
 
 
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…