ATKV-Sêr is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling. ATKV-Sêr vir tieners het tydens die ATKV-Tienertoneelstreeksfeesfinale landswyd sy buiging in teaters gemaak en vier nasionale finaliste gaan hul plek volstaan tydens die ATKV nasionale Simbiose-toneelfinaal op 23 September by die Kunstekaap in Kaapstad. Die groepe se nuwe komposisies en musieksamestelling het ’n vars bries by a capella-sang ingeblaas en beloof om die gehoor by die finaal mee te voer.