Nataniël bring sy GESELS-reeks vir die eerste keer na ’n Kaapse verhoog! GESELS 2022 word op Saterdag 9 Julie 2022 om 10:30 aangebied in die Hoërskool Durbanville Ouditorium.
Soos elke vorige jaar, het GESELS 2022 ’n splinternuwe tema: STORIES! Met meer stories, meer humor, meer vrae, meer antwoorde, meer vermaaklikheid en meer erns vier Nataniël ons stories: Lewensverhale, Fabels, Geskiedenis en Openbaringe.
Nataniël antwoord ook gehoorlede se vrae, ’n hoogtepunt vir vele!
Alle veiligheidsprotokol gevolg. Maskers steeds verpligtend. Geen kinders onder 14. Kaalkopwinkel in die foyer!