’n Paneel kenners verskaf waardevolle inligting oor aftrede: finansiële beplanning, boedelbeplanning en testamente, keuses tussen aftree-oorde of tuisversorging & die emosionele impak van aftrede. Die paneel sluit in: Eloise de Jager (’n trustreg en boedelprokureur), Louise Spies (’n maatskaplike werkster), Thys Vorster en Pieter de Swardt (’n eiendomsbemarker met kennis van verskeie aftree-oorde).
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit ons buurt.