Klim op die storiebus en word as reisende gehoorlid weggeneem in die donkerte van die nag, opsoek na al daardie legendariese stories wat in die Jakaranda-stad afspeel.
’n Aand gevul met ware en aangrypende SPOOKSTORIES wat ril, grusame MISDAADVERHALE wat skok, gemeng met die vergete GESKIEDENIS vol nostalgie van die omgewing.
Dit is ’n kultuur-historiese ervaring. Dit is die unieke pta-SPOOKBUS-uitstappie.
Wees daar, anders sal jy nie verstaan nie.
Maar wees gewaarsku: wanneer jy die gedreun van die bus se enjin onder jou hoor, is daar geen omdraaikans meer nie.