Die ‘Real Housewife’

Die ‘Real Housewife’

Die ‘Real Housewife’

from 28 Mar 2026 11:00

About

Komedie

MET Lizz Meiring TEKS Lizz Meiring VERVAARDIGERS Artist Warehouse en Lizz Meiring Produksies

Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai. Maar wie is nou eintlik die ware “real housewife”? Lizz Meiring skep so ’n fiktiewe karakter. Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans-trop beskou.
Jy gaan heerlik lag, kopskud en dalk net iets van jouself of ’n ander vrou na aan jou herken. Hier word oor alles en nog wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “realiteits-TV-sterre”. Dis verrassend, eietyds, warmhartig en baie vermaaklik.

Afrikaans en Engels • Geen o. 13 OB • 60 min.

Venue

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)  Location on Google Maps

Die ‘Real Housewife’

28-MAR-2026 11:00

R175 - R215

29-MAR-2026 19:30

R175 - R215

30-MAR-2026 13:00

R175 - R215