Boklied

About

Drama

MET De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen McEwan en Ben Albertyn TEKS Breyten Breytenbach REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson MUSIEK David Wolfswinkel BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Jean du Plessis PRODUKSIEBESTUURDER Frankie van Straten

’n Aantal ietwat verloopte toneelspelers kom bymekaar in ’n tyd van krisis in ’n geslote ruimte – ’n gestig, ongebruikte saal of dalk net ’n gevangenis. Weg van die sogenaamde “normaliteit” daar buite, besin hulle oor die liefde, lewe en dood.
Saam, onder ’n wolk van politieke realiteit in ’n tyd van onafwendbare verandering, speel die hand vol digters ’n oorlewingsritueel uit in die tradisie van die eerste Griekse dramas, of “bokliedere”. Soos in Aristophanes se komedie Die voëls, onderhandel die lotjie ’n moontlike toekoms onder ’n nuwe orde, maar rituele verg bloed, ’n skerp mes en ’n sondebok ... Boklied is die digter Breyten Breytenbach se opspraakwekkende eerste drama. Dig. Omvattend. Skreiend. Snaaks. Oorweldigend. Benoem vir vyf Woordtrofees by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025, waaronder beste produksie en beste regie. Die terugkeer van een van die opspraakwekkendste toneelstukke wat die KKNK ooit aangebied het.

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi.

Afrikaans • Geen o. 16 T, S, N, D • 220 min. (2 pouses ingesluit)

Venue

Johnny Bisschoff-saal (Hoogstraat)  Location on Google Maps

March 2026

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
 
 
 
 
 
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
29
28 Mar 2026 to 03 Apr 2026

Breyten Breytenbach-pakket

R280.00