DEBUUT
Musiekteater
MET Jahn Beukes, Leon Ecroignard en Mauritz Lotz TEKS EN REGIE STOK Ensemble VERVAARDIGER Giep van Zyl
STOK is al baie dinge genoem, innoverend, oorspronklik, grensverskuiwend, briljant, musikaal, geniaal, skreeusnaaks, maar vervelig was nie een daarvan nie. Die manne van STOK kom weer bymekaar om by die 30ste KKNK die beste van bykans drie dekades se STOK te vier, met ’n klompie splinternuwe sketse vir 80 minute se onvergeetlike musikale kaperjolle.
Wie kan die ritmiese meesterstuk “Die tafel”-sekwens, die skreeusnaakse “Dronk saagspeler”, die fyn tydsberekening van “Die bal”, en die musikaliteit van die Bach- en Beethoven-sketse ooit vergeet? Voeg daarby vele ander van die sketse van die afgelope 30 jaar en nuwe skeppings, en jy kry ’n unieke teaterervaring. Benewens die drie musikante se virtuositeit op hul instrumente, beskik hulle oor komiese talent sonder weerga. Die wêreld is in ’n warboel omdat ons nie meer speel nie – kom kyk en luister hoe speel STOK weer, dit sal die meeste pret wees wat jy ooit gehad het met jou klere aan. Jy het net een kans die manne van STOK op die verhoog te sien – moet dit nie misloop nie!
Afrikaans • Geen o. 13 T • 60 min.