Rondomtalie / Marry-go-round

Rondomtalie / Marry-go-round

Rondomtalie / Marry-go-round

from 28 Mar 2026 10:00

About

Komediedrama

MET Margit Meyer-Rödenbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo TEKS, REGIE EN VERHOOGBESTUURDER Rafiek Mammon VERVAARDIGER Rafiek Mammon en Arena Produksiehuis

Raak vir 70 minute ’n voyeur as jy inloer by die derde van ses terapiesessies van ’n paartjie wat hul huwelik van 12 jaar probeer red. Olivia het vir Alan op heterdaad op die kombuistafel met ’n ander vrou betrap. En sy is soos ’n vasgehaakte plaat wat hom in geen onseker terme en “kleurvolle” taal ’n oomblik daarvan laat vergeet nie. Voeg hierby ’n Indiese verhoudingsterapeut, Mahesh Maharaj, wat klaarblyklik die beste in die bedryf is met sy “alternatiewe” metodes en dinge begin vir seker “rondomtalie” draai.
Nie vir sensitiewe en preutse kykers nie. Deon Lotz is benoem vir beste akteur by Momentum Aardklop in 2025.

Ontwikkeling ondersteun deur die Suidoosterfees.

Afrikaans en Engels • Geen o. 16 T, S, V • 70 min.

Venue

Van Reede-skoolsaal (Hoogstraat)  Location on Google Maps

Rondomtalie / Marry-go-round

28-MAR-2026 10:00

R165 - R195

29-MAR-2026 18:30

R165 - R195

30-MAR-2026 14:30

R165 - R195