Click here to get your tickets for Kenny G: Live at Sun City
Jy word hiermee genooi na ’n digkunsaand. Bring asseblief ’n bottel wyn (of jou drankie van keuse – ek verkies ’n Beyerskloof Pinotage) en ’n gedig om te deel rondom kaggelvuur.
Die winterreën en -koue is die Kaap se manier om haar inwoners nader aan mekaar te bring. Wie is ons nou om teen die natuur te gaan?
Kom wees digters vir die aand;
kom ons wees Dubbeltwintigers.
Julle skrywer vriend
Tiaan La Grange