Pendel blitsvinnig tussen verskillende venues, en ondersteun daardeur ook sommer ons plaaslike diensverskaffers.
Sentrale vertrekpunt op feesterrein.
 
Koopbewyse is beskiksbaar aanlyn, die feeskantoor by The Roots en sentrale vertrekpunt.
 
Opsies: R40, R120, R200, R400
 
Onthou om jou koopbewyse uit te druk, die bestuurder sal dan 'n gaatjie pons vir elke keer wanneer jy van die diens gebruik maak.
 
R20 per rit, kan enige tyd tydens die fees (7-11 Oktober) gebruik word.
 
Geen kontant sal deur die bestuurders aanvaar word nie. ('n Fooitjie vir goeie diens bly jou besluit.)