Click here to get your tickets for Kenny G: Live at Sun City
Lukas, die verhoogbestuurder, skarrel om die verhoog gereed te kry vir ‘n opkomende vertoning. Hy word voortdurend aangejaag en gekritiseer deur ‘n onsimpatieke regisseur. Terwyl hy jaag teen tyd, worstel hy met die gewig van sy eie swak selfbeeld, die gevolge van jare se gebrek aan perke, en skaamte. Met humor, weerloosheid, en intense introspeksie, ondersoek Doodnormaal temas soos liefde, verlies, verwerping, eensaamheid, en spreek Lukas se verhaal tot die druk van eksterne goedkeuring in vandag se sosiale media behepte samelewing, maar met die belofte van hoop. Wie is Lukas regtig, en sal hy homself vind te midde van die chaos?