Musiekteater
Met: Coenie de Villiers, Rocco de Villiers, en Mauritz Lotz
Teks: Coenie de Villiers en Rocco de Villiers
 
Twee klavierlegendes, Rocco de Villiers en Coenie de Villiers, span vir die eerste keer kragte saam. Saam met Mauritz Lotz op kitaar bied hulle ’n unieke klank. Die repertoire wissel van boeremusiek tot Bach, met nuwe komposisies en vars vertolkings – en verwag ’n tikkie humor.
 
80 min. • Gesin • Afrikaans