Klassiek
Met: Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme)
Musiekregie: Charl du Plessis
 
Die Charl du Plessis Trio bly altyd vernuwe en verfyn aan hul kuns van crossover, wat gehore altyd verbyster. In Bach & Beatles word die bekendste The Beatles-treffers soos “Yesterday”, “Hey Jude” en “A Hard Day’s Night” teenoor die immergroen musiek van JS Bach gestel met die “Tokkate in D mineur”, “Air” en “Jesus, bron van al my vreugde”.
In die hande van die Charl du Plessis Trio word ooreenkomste en kontraste in hierdie uiteenlopende style beklemtoon in nuwe verwerkings van swing, die blues en bossa nova. Hierdie ensemble bied ’n musikale belewenis van internasionale gehalte en vermaak vir die klassieke connoisseur.
 
70 min. • Gesin • Afrikaans en Engels
Aanlynverkope sluit 2 ure voor die tyd. Daar sal verkope by die deur wees.