Baksie Beer en die Poeiermuise

Baksie Beer en die Poeiermuise

Baksie Beer en die Poeiermuise

11 Oct 2025 11:00

About

Kinderteater

Met: Liena van der Merwe, W.G. Venter, Robyn Frost, W.J. van der Merwe, Amone Meyer en Suzaan van der Merwe
Teks: Liena van der Merwe
 
Baksie Beer en die poeiermuise is die tweede toneelstuk uit die boek Storiekasteel en ’n prettige opvolg op die suksesvolle Fliep-flappers. Hierdie splinternuwe kindertoneelstuk is propvol avontuur, komedie, musiek en dans uit die pen van die ervare Liena van der Merwe, wat al vir meer as 20 jaar opvoedkundige kinderteater na feeste toe bring. Baksie Beer en die poeiermuise sal die jong teatermaatjies behoorlik bekoor en op ’n heerlike reis neem deur die gange van die mooie Storiekasteel.

Dis nou natuurlik waar die stoute Snorra-lee Baffi dalk weer ’n pootjie in die “pie” gaan hê en die poeiermuise hopelik tot die redding sal kom. Talpa die verkleurmannetjie kom speel saam en Baksie Beer kook ’n storm los vir die rivierpiekniek.
 
40 min. • Gesin • Afrikaans

Aanlynverkope sluit 2 ure voor die tyd. Daar sal verkope by die deur wees.

Venue


December 2025

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31