Die ander dogter

Die ander dogter

About

Op tienjarige ouderdom hoor Annie Ernaux ‘n gesprek wat nie vir haar ore bedoel was nie. Sy was onder die indruk dat sy haar ouers se enigste kind is, maar daar was ‘n ander dogter wat op sesjarige leeftyd aan witseerkeel oorlede is. Haar bestaan, naam en foto’s is verswyg sodat Annie nie aan die hartseer van ‘n kindersterfte blootgestel moes word nie. Hierdie roman is ‘n brief aan die suster wat sy nooit geken het nie. Die Nobelprys vir Letterkunde is in 2022 aan die Franse skrywer Annie Ernaux toegeken.

Naomi Morgan is ‘n bekroonde vertaler van veral Franse dramas. In 2025 word die Kyknet-Fiësta vir die Beste Vertaling van ‘n Teks aan haar toegeken vir Samuel Beckett se Ons wag vir Godot. Sy het reeds drie novelles van Eric-Emmanuel Schmitt vertaal wat ook vir die verhoog verwerk is, en twee Nobelpryswenners se werke vertaal, waarvan Annie Ernaux se werk die tweede. Morgan is ‘n Chevalier de l’ordre des Arts et des Lettres van die Franse Republiek en ‘n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat.

Uitgewer: Naledi Uitgewers

Met: Naomi Morgan & Angelique van Niekerk

Taal: Afrikaans

Tydsduur: 60 min

More Info

Venue

Social