Planning your next event? Click here to list your event now!
Gedurende Operasie Sceptic waarin 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het, het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by Smokeshell gelei. In die chaos wat op 10 Junie 1980 onder die bloedige son gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 dood. Louw en ’n handjievol soldate het die aand deurgebring in ’n beskadigde Ratel, afgesny van die ander. In 'Bloedbroers' deel van die oorlewendes hul ervarings tydens die geveg. Dit werp lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.
Deon Lamprecht is ‘n senior nuusjoernalis en bekroonde artikelskrywer. Sy debuutroman 'Tannie Pompie se oorlog' (2015) was ‘n blitsverkoper. Hy was joernalis by 'The Pretoria News, Beeld' en 'Rapport', medestigter van Media24 se Afrika-kantoor en die maatskappy se verteenwoordiger in Washington, DC. Tans is hy ‘n herskrywer vir 'Huisgenoot'.
Uitgewer / Publisher: Jonathan Ball Publishers
Met / With: Deon Lamprecht, Louis Botma
Taal / Language: Afrikaans
Tydsduur / Duration: 60 min