Planning your next event? Click here to list your event now!
Jy dink dalk politiek in Suid-Afrika is nie ’n grap is nie, maar maak jou reg vir Marianne Thamm se skreeusnaakse insigte in hierdie satiriese komedie. Sy bekyk die geboorte van die reusagtige, gesonde regering van nasionale eenheid (RNE), wat vir ons die “Republiek van Alle Kante” opdis. Thamm, gerekende ondersoekende joernalis, skrywer en skerpsinnige waarnemer, ondersoek wat verkeerd gegaan het en hoe ons dit alles staande oorleef het, alhoewel dinge soms bietjie oes lyk. Wees deel van die viering van Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en kom vind uit hoekom hierdie meesterstuk oral met groot lof ontvang word.
Tydsuur: 65min
Geen o/16
Kindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking.