Click here to sell with us!
Klim op die storiebus en word weggeneem in die donkerte van die nag.
’n Aand uit opsoek na al daardie legendariese stories wat in die Jakaranda-stad afspeel.
’n Aand gevul met aangrypende SPOOKSTORIES, grusame MISDAADVERHALE wat skok, gemeng met die vergete GESKIEDENIS van die omgewing.
Dit is ’n multimedia Teater-op-Wiele-produksie, soos aangebied en vertel deur Jaco Hough-Coetzee.
’n Geskiedkundige, kulturele storie-avontuur.
Dit is die unieke pta-SPOOKBUS-uitstappie.
Wees daar, anders sal jy nie verstaan nie.
Is jy gereed? Kom klim dan op.
Maar wees gewaarsku: wanneer jy die gedreun van die bus se enjin onder jou hoor, is daar geen omdraaikans meer nie . . .