Stand-up
MET Conrad Koch
’n Wipwaentjierit met poppe en komedie wat soms gevaarlik snaaks is wat jou gaan laat brul van die lag. Conrad Koch, Suid-Afrika se internasionaal bekende buikspreker, en Chester Missing, die einste uitgesproke pop wat jy al op televisie gesien het, gaan gehore vir ’n uur vermaak. Ou gunstelinge soos die hoërskoolonderwyser mnr. Dixon en die partytjie-volstruis Hilton maak ’n verskyning, saam met Gunter, die Duitse toergidsmuskiet, en die wêreld se gevaarlikste pop, Vampier Vladimir Putin. Jy gaan kraai van die lag.
Engels met Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.