Click here to get your tickets for SOUTH AFRICA (BAFANA BAFANA) VS ZAMBIA at Nelson Mandela Bay Stadium
Drama
’n Toyota US Woordfees-produksie
MET Conradie van Heerden REGIE Nico Scheepers
See muur is ’n aangrypende stuk oor die onverbiddelike krag van verlies en rou. Alex se lewe word verbrysel deur ’n tragedie wat afspeel teen die pragtige dog ongenadige agtergrond van die see. Dié fyn, emosionele vertelling neem jou op ’n hartverskeurende reis met oomblikke van onverwagte humor. ’n Spookagtige en onvergeetlike ervaring. “See muur is ’n emosionele reis. Daar word besin oor smart, die rouproses, die bestaan al dan nie van God, oor vriendskap, liefde en ouerskap.” – Netwerk24
Afrikaans • Gesin OB, T • 45 min.