Planning your next event? Click here to list your event now!
Drag stand-up
Teksontwikkeling ondersteun deur die Toyota US Woordfees en NATi
MET Wynand Kotze
Politiek – hoe moeilik kan dit wees? ’n Fopdosser in die parlement, is ons gereed? Kan ons oor onsself kom om dit moontlik te maak, of drink ons te veel pille? Hoe om oor jouself te kom is Tollie Parton se nuwe show, wat sy in samewerking met Nico Scheepers geskep het. ’n Humoristiese blik op die binnewerking van Tollie se brein en waarom sy besluit het om...? ag, kom kyk. Tollie is nie vir fyngevoeliges nie. Haar skote is sterker as ooit en as jy braaf genoeg is om die uur deur te sit, wag daar ’n verrassing aan die einde.
Afrikaans • Geen o.18 • 60 min.