Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.

Margaretastraat: Jannie du Toit

Margaretastraat: Jannie du Toit

Margaretastraat: Jannie du Toit

26 Mar 2024 16:30

About

Kontemporêre musiek

MET Jannie du Toit en Chanie Jonker

In die produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ’n belangrike rol in die Musiek en Liriek-beweging gespeel. Digter-sangers soos Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Jannie du Toit het aspirantskrywers en -sangers geïnspireer met Afrikaanse musiek wat herinner het aan die folk-musiek van die jare sestig. Daar was geen toegangsgeld nie en meeste van die sangers en gehoorlede het sommer op die vloer gesit. Die musiek en verhale van ’n tiental sonderlinge liedjiemakers word ingesluit.

Afrikaans • Gesin • 80 min.

Venue


Margaretastraat: Jannie du Toit