Planning your next event? Click here to list your event now!
DEBUUT
Kontemporêre musiek
MET Jak de Priester
Jak de Priester stel ná vier jaar ’n nuwe album, getiteld Hartkamer, bekend. Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied. Vandaar die titel: Hartkamer. Hy stel sy nuwe album by die KKNK bekend en sing nuwe musiek, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” en vele meer.
Afrikaans • Gesin • 90 min.