Click here to view the latest Smart Shopper Deals

`n Musikale Reis

`n Musikale Reis

About

Program 1: 'n Musikale Reis – lig klassiek
Yolande van den Berg en Gelske van der Duin neem jou met ‘n tango en ‘n habanera op ‘n musiekreis deur die Lae Lande en Suid-Afrika, verbeeld met pragtige foto’s en gedigte soos Woord Wens, gedig vir jou, en Herinnering aan Holland. ’n Reis na fisieke plekke, maar ook die lewensreis na ’n onbekende toekoms vol verwagting en hoop word besing. Musiek verbind en vertroos, lig op en maak gelukkig. Soms swoeg mens, soms sweef mens … maar ons is saam op hierdie musikale reis, nie alleen nie!

Genre: Klassieke musiek
Rolverdeling / Cast: Gelske van der Duin, Yolande van den Berg
Program 2: 'n Musikale Reis met Wêreldmusiek
Yolande van den Berg en Gelske van der Duin neem jou op ‘n musiekreis deur die Lae Lande en Suid-Afrika met pragtige foto’s en gedigte soos Woord Wens, gedig vir jou en Herinnering aan Holland. 'n Musiekreis wat verskillende rigtings inslaan: van kabaret tot 'n wiegeliedjie, van 'n drinklied tot ’n besinningsmoment, musiek wat geluk vergestalt en die lewe lig maak. ’n Reis nie net na fisieke plekke nie, maar ook die lewensreis word besing – met musiek wat vertroos en verbind.

Venue


`n Musikale Reis