Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Tweespoor

About

Te midde van oënskynlik mooi herinneringe aan haar plattelandse kindertyd, worstel Tilla met steeds onverwerkte woorde en gebeure wat op die rand van haar bewussyn vassteek. Fransina wil graag, soos haar polities korrekte en welaangepaste susters, insmelt en saam met die reënboognasie vorentoe beur. Maar sy sukkel en wanneer sy boonop ’n slagoffer van misdaad word, maak die wêreld nog minder sin. Totdat sy sterre gaan kyk. Tweespoor is gegrond op Helena Gunter se gelyknamige boek. Dié drama met Nicole Holm en Inge Crafford en regie deur Juanita Swanepoel is in 2020 vir vier Woordtrofees benoem en Nicole Holm het die prys vir beste vroulike speler verower.

More Info

Social


Tweespoor