Planning your next event? Click here to list your event now!
MET Antoinette Kellermann TEKS Antjie Krog REGIE EN SAMESTELLING Frieda van den Heever
Antjie Krog en Antoinette Kellermann, wyd bemind en veel bekroond in die skryf- en teaterwêreld, word in 2022 albei 70. Kom vier dié dubbele mylpaal saam met ons en luister hoe Antoinette Antjie se onsterflike woorde – deurdrenk in eerlikheid, erns, ironie, genade, liefde en al die hot flushes en cold turkeys tussenin – vertolk. Dié spesiale produksie gaan jou ontvlerkd op jou voete laat.