Die bekroonde radio-persoonlikheid Amore Bekker kom na Groote Post met haar eie, selfgeskrewe eenvrou-vertoning, Bacchus tot Bekker. Amore het ’n groot passie vir goeie) wyn, kos en onthaal.
Van Papsak tot Pinotage, Chardonnay tot Chenin Blanc, "Bacchus tot Bekker" is 'n viering van die vreugde van wyn en goeie geselskap. 'n Bietjie wyngeskiedenis wat jou sal verras, dan gaan maak Amore 'n draai by die bruilof waar water in wyn verander is. Ons kyk na die simptome van'n wynsnob. En die ABC van wynproe. Jy sal nooit weer 'n glas rooiwyn drink waarin 'n muggie geval het nie, of die tweede goedkoopste bottel wyn in'n restaurant bestel nie.