Pietman Geldenhuys vertel al stories vandat hy baie jonk is. Wat begin het met fabels, het later ’n werklikheid geword met die absurditeite wat hy ervaar het in die lewe op die pad saam met musikante en storievertellers. Hy deel van hierdie stories en musiek wat uit dié ervaringe spruit.