Met Nataniël, Marcel Dednam (klavier), Werner Spies (baskitaar), Peter Auret (baskitaar) en kitaarspelers Juan Oosthuizen, Loki Rothman, Leon Gropp en Luke van der Merwe Vyf vlambare elemente smelt in hierdie skepping van Nataniël saam: oorspronklike musiek uit ’n repertoire van meer as drie dekades, splinternuwe verhale, die ritmes en tegnieke van lande soos Mexiko, Argentinië, Chili en Peru, asook witwarm kostuums ontwerp deur Floris Louw. Saam met sewe wêreldklas-musikante sorg een van Suid-Afrika se formidabelste kunstenaars vir 90 minute van ongebreidelde hartstog, humor, hitte, virtuositeit en ritme! Daar is geen pouse nie, en selfone is net so verbode soos kortbroeke!