Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
ANTON GOOSEN, die Liedjieboer, en sy ghitaarspeler ILLIMAR NEITZ is weer terug in die Drosdy-teater met hulle vertoning SIRKELS op 26 Julie 2024
Die vertoning begin 20:15nm en beloof om soos gewoonlik witwarm te wees. Hul stof ou treffers af van oor die 45 jaar wat Anton in die bedryf is, asook gewis die nuwe enkelsnit Bly By My,(my lief) – ‘n gedig van Antjie Krog (een van twee van haar werke op die nuwe album) Anton vertel dat hy baie opgewonde is dat Antjie van beide toonsettings hou, “want ‘n mens weet mos nooit vooraf nie”. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.
Kry joune sommer nou en hier is ‘n skakel om na die nuwe album te luister: https://linktr.ee/antongoosenliedjieboer