Planning your next event? Click here to list your event now!

Veelhoek

About

VEELHOEK deur Jana Cilliers 2024 Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ‘n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Sestig jaar gelede sterf hy op die vroëe ouderdom van 24. Hy was gereken as hoogs belowend.

Kort na sy dood verskyn sy eerste en enigste digbundel Veelhoek.

Cilliers se poging om self te begin skryf neem haar na Gilliland se ‘praatvers’ Skipbreukelinge met sy refrein en waar ek my voet wil sit, is water. Sy skreiend tog eerlike aanslag binne sy tydsgees wil haar nie los nie. Cilliers se hunkering na iets soortgelyks binne teaterkonteks vind uitdrukking in Barnard Gilliland se vars uitroep na die sin van die lewe. Tussen aktrise en jong skrywer ontvou daar ‘n intieme gesprek waarbinne ‘n moontlike tuiskoms verby die vertwyfeling van menswees ondersoek word. Nie noodwendig verwysend na ‘n lewe na die dood nie, maar die versoening wat kan plaasvind deur ‘n bereidwilligheid om op te hou lewe. Hul gesprek ontvou verby tyd en binne hul bloedlyn. Na ‘n veelhoekige bestaan hier op aarde word ewewig bewerkstellig. Ons vreugde en hartseer lê dalk in die eenvoud van ‘n oomblik wat in sy puurste vorm in spoeg vertak. Jana Cilliers en Ludwig Binge is beide genomineer vir Kanna-toekennings vir hul spel in Veelhoek.

‘Ek is in dié veelhoek van kragte vermiddelpunt, spartel in die spinnekopnet, met klewerige sy gespan oor die water.’

More Info

Venue

Social


 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…