Click here to get your tickets to RY X – Live in Cape Town
Richard Green's book, What Film is Good For, Frans Marx
Drie onlangse filmboeke maak opslae. What Film is Good For (2023), met Martin P Rossouw as mede-redakteur, is ‘n filosofiese verkenning van die waarde van film, asook die waarde van die ervaring vir die kyker. Chris Vorster se Franz Marx: Uit die Perd se Bek (2022) is ‘n biografie van die beroemde Afrikaanse vermaaklikheidslegende. Akademikus Keyan Tomaselli en filmvervaardiger Richard Green se Richard Green in South African Film: Forging Creative New Directions (2022) fokus op die belangrike tweespel tussen teorie en praktyk.