Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Hierdie selfskryf-nalatenskapjoernaal is saamgestel deur Anné Pretorius en verskaf ‘n wegspringplek vir elke moeder om haar lewensverhaal aan haar kind te vertel. Haar eie ma se joernaal is ná haar skielike dood Anné se kosbaarste besitting en met Memoires wil sy dit vir ander moeders makliker maak om te onthou en te skryf. Die gids bevat agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk en ‘n gedig wat die leser op ‘n reis deur haar lewensverhaal neem en fasiliteer só die proses om haar lewe te verwoord.
Skrywer: Anné Pretorius
Met: Zarine Roodt