Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Werksessie
AANGEBIED DEUR Theo Paul Vorster
Hierdie werksessie is vir diegene wat die wêreld van reliëfblokdruk wil verken, of net iets nuuts wil probeer – niekunstenaars en kunstenaars is welkom. ’n Reeks eenvoudige metodes word saam verken, om pragtige beelde op papier te skep, wat uiteindelik jou eie wonderlike werk word om huis toe te neem. Die werksessie sluit in alle kunsmateriaal, tee, koffie, gebottelde water en ligte versnaperinge. Lino-snygereedskap vir die klas word voorsien, maar deelnemers is welkom om hul eie te bring.
Afrikaans en Engels • Geen o.13 • 180 min.