Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Pret met kinderkuns

Pret met kinderkuns

About

Werksessie en rondleiding vir kinders

MET Dineke Orton (feeskunskurator)

’n Opwindende en interaktiewe rondleiding met aktiwiteite vir die jongspan. Ontdek hoe elkeen verskillend na kuns kyk, hoe om te besluit waarvan jy hou en wat jy alles kan raaksien deur na iemand se kuns te kyk. Met die kuns op die mure in ons agterkop, leer ons hoe om self maklike materiaal te gebruik om ons eie dieremasker-kunswerke te skep. Almal is welkom – as jy ’n platneus-skêr kan vashou, kan jy saam kuns skep. Alhoewel toegang vir dié sessies gratis is, is die ruimte beperk en moet bywoning bespreek word.

Afrikaans en Engels • Gesin • 90 min.

More Info

Venue

Social


 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…