Click here to get your tickets for Home of Legends Cup 2024 & Investec Champions Cup, DHL Stormers vs Toulon at Nelson Mandela Bay Stadium
Stand-up
MET Dalin Oliver
Dalin Oliver bied in sy splinternuwe vertoning, 90 Day Comedian, ’n vars blik op die lewe in Suid-Afrika nadat hy meer tyd in die buiteland deurgebring het. Hy vier ons nasie en sy mense – ’n hutspot van diversiteit wat jy nêrens anders in die wêreld gaan vind nie. Oliver reken ons is soos ’n koekstruif gevul met lae en lae van egtheid en heerlike geure. Hy was op die verhoog te sien by die komediefees Fringe World 2024 in Perth met grappe slim verpak om verby doeane te kom en trefreëls wat harder slaan as die wisselkoers tussen die rand en die Australiese dollar.
Engels met Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.