Click here to view the latest Smart Shopper Deals
DEBUUT
Musiekteater
’n KKNK-produksie, ondersteun deur NATi en Homebrew Films
MET Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt, Nelandi Boshoff, Mauritz Lotz en Blake Hellaby TEKS Deon Meyer MUSIEK Coenie de Villiers REGIE Nicole Holm
Dis ’n storie oor die kollig,
dis ’n storie oor groot roem.
Patrys wil dit hê.
Haar pa wil dit verdoem.
Deon en Coenie keer ná Karoo Suite terug met die verhaal van ’n man en sy musiek – soos net hierdie meesters kán. Van die land se beste akteurs en musikante werk saam op die verhoog, met ’n verhaal wat in die Karoo wegspring en uitspeel in die glans van die grootstad se liggies.
Afrikaans • Gesin • 90 min.