Planning your next event? Click here to list your event now!

Hallo, Is Bettie Wat Praat

Hallo, Is Bettie Wat Praat

About

Die Bloemhof-sentrum is vol. Is ’n mixed gehoo, hie’s silver foxes, pappe babies en ’n paa famous social media influencers. Ammel love vi Bettie. Die bywoning van hierdie produksie issie beste wat ek nog by vanjaa se Woordfees gesiennit.

Ôs is gaste in Bettie (Dean John Smith) se hys. Sy is vol energie en jokes. Bettie se humor is in die twist van ’n frase, verkeere ytspraak van woorde mee as drie syllables en haa eindelose misunderstandings.

Wat ek veral van Smith se performance geniet, is dat Bettie doodernstig is, sy speel nie haa humor in nie. Maakie saak hoe simpel die dinge is wat sy sê nie, Betty glo 100% wat sy sê en Dean speel it net straight. Omdat hy nie try om snaaks te wiessie, maakie sincerity van sy optrede alles soeveel snaakser.

Die teks is briljant. Bettie se anecdotes is perfekte komedie, selfs haa jokes se set-ups is snaaks, en dan gooi sy nie een, maa multiple punchlines wat mens harde en harde lat ytbas vannie lag. Daa issie een flou joke in hierdie stuk nie, elke een van Bettie se jokes land.

Dean doen ’n bietjie audience work. Die stel het werkende appliances. Bettie maak vi iemand innie front row ’n regte koppie tee en roep hulle om haa innie kombys te join. Gehoodeelname kan soms cringe wies, maa oek hier is Dean in totale beheer. Die lag hier kommie vannie awkwardness van ’n nervous audience member nie. Selfs die seemingly impromptu “bit” is ytgedink, goed geskryf en vol snaakse verrassings.

Bettie issie ’n plat karakte nie. Innie laaste act vannie show shift die tone, maa it issie ’n jarring verskywing nie. Dean is ’n expert daarvan ommie energie wat hy mettie gehoo opgewhip’it, stadig en baie delicately af te bring en ôs in diepe drama te wortel.

Hie vind ôs yt wie Bettie rêrag is. Sy’s eintlik bietjie van ’n tragiese karakter. Sy’s eensaam. Die finale beeld vannie vertoning gaan saam my vi ’n lank tyd bly. Ek issie die ienagste een wat daavoo gehyl hettie. It is pragtig, hartseer en it is herkenbaar. Ôs wou ammel net opstaan ??en vi Bettie ’n hug gie en vi haa sê Bettie ôs sien jou, ôs hoo jou.

Dean se range is ongelooflik, hy’t my binne ’n uur hardop laat lag en hyl. Bespreek jou kaartjies voo it te laat is.

Sign up for The Baxter's monthly newsletter for exclusive discounts and specials. Be the first to hear about all the up and coming productions, and benefit from early bird prices. Subscribe here

More Info

Venue

Social


Choose your preferred date.

July 2024

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
1
2
3
4