Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Boeremusiek - Roccostyl.

Boeremusiek - Roccostyl.

Boeremusiek - Roccostyl.

08 Apr 2023 10:00

About

DEBUUT
Kontemporêre musiek

MET Rocco de Villiers, Lizelle le Roux en Hansie Roodt jr.

So klassiek soos ’n gestyselde Voortrekkerkappie en so vars soos ’n melktert uit die oond, toor pianis Rocco de Villiers met “boere-classics” soos “Die ou waenhuis”, “Koekoekwals”, “Die hartseerwals”, “Outa in die langpad”, “Kalfiewals”, “Umfaan” en keurspele van Jim Muller. Saam met Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt jr. op kitare kry die melodieë nuwe baadjies met ’n blom. Die vraag is egter: Wie gaan die konsertina speel?

Afrikaans • Gesin • 90 min.

More Info

Venue

Social


Boeremusiek - Roccostyl.