Planning your next event? Click here to list your event now!
Hierdie lewendige en bekroonde jazzorkes is die vlagskip van die Sertifikaatprogram in Musiekgeletterdheid aan die Universiteit Stellenbosch. Die orkes is saamgestel uit studente vanuit alle fakulteite wat een ding in gemeen het: ’n absolute liefde vir musiek. Vanjaar bring hulle hulde aan Suid-Afrikaanse komposisies; gehore gaan vir seker opspring en dans.