Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Hierdie folk-pop-duo bekoor gehore al vir meer as sewe jaar met hul twaalf instrumente en charismatiese optredes. Nie net toer hulle gereeld in Suid-Afrika en Namibië nie, maar hulle het al by die Edinburg-randfees ’n buiging op die verhoog gemaak. Die unieke manier waarop hulle musiek skep, aanbied en aanpas vir elke geleentheid, voer gehore mee. Hulle het drie albums vrygestel en stel tans hul eerste Afrikaanse album, Prediker, bekend.