Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Huidige en voormalige lede van die US Koor (internasionaal gereken as die nommer 1-amateurkoor ter wêreld) snoer kragte saam om hierdie heerlike open mic-sessie aan te bied. Red Sheep – bestaande uit twee oudkoorlede, Estian Maree en Max Koenig – gaan van krag tot krag danksy die treffer-enkelsnit “Suiderkruis” en ’n Woordtrofee-nominasie vir Beste Kontemporêre Musiek Buitelugproduksie in 2020. Kom luister hoe hierdie jongmense uitbundig uiting gee aan die vreugde wat hulle in musiek vind.