LIST YOUR EVENT ON WEBTICKETS
Afrikaanse rymklets is groter en gewilder as ooit, dus wie beter as Frazer Barry, RSG-aanbieder van Rymklets sonder grense, om hieroor te gesels? Hy verduidelik nie net die geskiedenis en hoe rymkletskuns en digkuns ineengeweef is nie, maar lewer demonstrasies met verskeie rappers. Hierdie interaktiewe geleentheid is ’n lewendige bewys van dié bekroonde musikant, skrywer en klankontwerper se fyn aanvoeling vir sielvolle musiek in verskeie genres, en boonop met ’n sterk Afrika-aanslag.