LIST YOUR EVENT ON WEBTICKETS

Bientang: Bloedspoor/!nau

Bientang: Bloedspoor/!nau

Bientang: Bloedspoor/!nau

15 Oct 2022 12:30

About

Bientang: Bloedspoor/!nau is ’n verwerking van die bekroonde digter Jolyn Phillips se tweede digbundel, Bientang. Dit handel oor die legende van ’n vrou, Bientang, wat in Hermanus in ’n grot gewoon het. Haar geskrewe geskiedenis word op die agterkant van ’n plaaslike restaurantspyskaart saamgevat as “Die laaste Strandloper”. Die vertellers verken en gebruik deurlopend verskillende elemente van storievertel en musiek om die ervaring van historiese en kontemporêre inheemswees te ondersoek: Hoe word ’n mens immers “ ’n laaste”? Met Jolyn Phillips en Charlton George, musiek deur Deniel en Frazer Barry, en regie deur Amelda Brand.


Bientang: Bloedspoor/!nau