Click here for Joe (Thomas) - Magic Music Sessions (MMS) tickets!
ATKV-Tjokkertoneel is die ATKV se nasionale toneelprojek vir laerskoolleerders.
Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur die opbouende proses van toneelspel, ontwikkel die kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.
Kom speel saam tussen die sterre en geniet ’n aand van mini-tonele ter viering van nuut ontdekte tjokkertoneeltalent.
Volledige program inligting: Program