Click here to view the latest Smart Shopper Deals
Die simboliek en gesondheidswaarde van blomme en plante, gewasse, bome en struike is eeue oud. So het Romeinse generaals geheime boodskappe gestuur met plante tydens oorloë. Trouens, tot en met die Tweede Wêreldoorlog het spioene op dié ongewone manier gekommunikeer. Natuurlik is ruikers ook deur minnaars gebruik om boodskappe te stuur. Ná ’n studie van bykans vier jaar vertel Lizz hoe, benewens plante, selfs ons alledaagse vrugte, kruie en ander speserye ’n “geheime betekenis” het en waarom dit daar is. Lizz kuier saam met gaste oor ontbyt (ingelsuit by die kaartjieprys).