Click here to view the latest Smart Shopper Deals

TiekTok

About

_Wynvirdiepyn_ op TikTok het binne sewe maande 100 000 followers ryker geword, met oor die miljoen "likes" op sy videos. Hy't veral bekendheid verwerf met sy domvrae- videos, waar hy mense op 'n humoristiese manier aanspreek oor hul onnodige domheid. Verder word hy gehaat deur enige iemand wat Herbalife verkoop en al die Fortnite spelers dink hy's vet. Maar hy's fine daarmee, want hulle spel ''moffie'' met net een f. En hy is. Vet.

TiekTok is 'n uurlange snertpraat sessie oor Wynand se ervaringe op Tiktok. Die oppe en die affe, en hoe baie hy aangesit word deur mense wat nie van hom hou nie. Onvoorspelbaar en ongemaklik - kom kyk die show.

Venue