Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Sanger-liedjieskrywer Lize Beekman en Jaconell Mouton (klavier) se aanlyn-produksie beloof samesyn gevul met kalmte en rustigheid. Jy kan uitsien na ou-bekende liedjies van Lize, maar ook ’n paar nuwe liedjies van haar album wat later die jaar vrygestel word. Blywende melodieë en sielswoorde uit haar skryfpen word verweef met vertellings en kosbare woorde van ander in “Iemand het gesê”.