Click here to buy Pick n Pay digital grocery vouchers & send via SMS to someone in need.

Vrystaat Arts Festival

Event Photo

Vrystaat Arts Festival

from 30 Oct 2020

About

Ons onderneem vanjaar by die Vrystaat Literatuurfees baanbrekerswerk. Ons bied Suid-Afrika se heel eerste digitale boekefees aan, as ’n uitbreiding van die jaarlikse literêre fees, genaamd VrySpraak-digitaal.

Ek is veral opgewonde oor almal buite Bloemfontein en die Vrystaat, dus almal landswyd, en selfs Suid-Afrikaners in die buiteland, wat vanjaar se program kan besigtig en daaraan kan deelneem. Julle is almal baie welkom – Bloemfonteiners, Vrystaters, en Suid-Afrikaners van oraloor!

More Info

Social


Venue

Vrystaat Arts Festival

#ImStaying 30 Oct 2020

R15

In September 2019, Cape Town–based entrepreneur Jarette Petzer posted a video on Facebook. It was an emotional recognition of the difficulties faced by South Africa, as well as a heartfelt plea to nurture everything he loves about his country. As a result, the Facebook page #ImStaying was born. Within weeks, 400 000 South Africans of every race, socio-economic and political background joined the page to tell their stories of everyday life and by the end of December 2019, the page had more than a million followers.

Afrikaans: waar almal ’n tuiste vind 30 Oct 2020

R15

In 2020 vier ons vele mylpale: naas die Vrystaat Kunstefees wat twintig jaar oud word, en benewens die ATKV wat sy 90ste bestaansjaar vier, word die Afrikaanse Taalmuseum en –monument 45 jaar oud en is Afrikaans amptelik vanjaar 95 jaar oud. Afrikaans is die moedertaal van ’n diverse groep mense: bruin, Asiaties, swart en wit, en dit is die derde grootste huistaal in Suid-Afrika. Dit is ’n oop taal, wat al Suid-Afrika se inwoners met ope arms verwelkom en waar die diverse Afrikaanssprekende gemeenskap van Suid-Afrika ’n ware tuiste vind.

Afrikaanse digkuns strek wêreldwyd 30 Oct 2020

R15

Jerzy Koch, vertaler, digter en akademikus, is hoof van Suid-Afrikaanse Studies by die Mickiewicz-Universiteit in Poznan. Hy vertaal onder meer Jonker, Krog en Breytenbach. Die grootste deel van sy nuwe Afrikaanse digbundel, Pleks van plaas, word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika. Verskeie kort-, kinder-, en jeugverhale, lirieke en verhoogdramas vloei uit De Waal Venter se pen. Met groot toewyding vertaal hy die sorgsame en elementele wêreld van Pablo Neruda, die Chiliese digter en reus van die wêreldletterkunde, saamgevat in die bundel, Vandag is boordensvol.

Afspraak met moord 30 Oct 2020

R15

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedosiere poog Jana Marx om ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Anton Goosen Liedjieboer 30 Oct 2020

R15

Hierdie boek is rock ’n roll in die binnewêreld van die legendariese musikant en liedjieskrywer Anton Goosen. Die bekroonde joernalis Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal – van sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, die Musiek-en-Liriek-era, die lewe op die langpad, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings... tot waar die vader van Afrikaanse Rock vandag ’n terugblik gee op sy merkwaardige lewe. Beide Goosen en Retief is in gesprek Natie Botes.

Black tax: burden or Ubuntu? 30 Oct 2020

R15

A secret torment for some, a proud responsibility for others, “black tax” is a daily reality for thousands of black South Africans. With the majority of black South Africans still living in poverty today, some believe supporting family members is an undeniable part of African culture and question whether it should even be labelled as a kind of tax. Others point to the financial pressure it places on black students and professionals, who, as a consequence, struggle to build their own wealth.

Celebrating life’s beautiful journeys 30 Oct 2020

R15

Basetsana Kumalo shot to fame as a fresh-faced Miss South Africa in 1994 and soon became the face of South Africa’s new democracy. Bassie – my journey of hope recounts stories from her life, including her relationship with mentors like Nelson Mandela. Reflections from the heart is a 365-day devotional by former Miss World and Miss South Africa, Rolene Strauss. As readers embark on this journey with Rolene, they will share in the exceptional lessons she learned as a South African ambassador.

Die brug: na die hel en terug in Angola 30 Oct 2020

R15

Die brug: na die hel en terug in Angola bied ’n eerlike ontleding van die destydse oorlogspoging van die Suid-Afrikaanse Weermag, sowel as ’n blik oor die felste en mees beslissende gevegte van die Grensoorlog, soos ervaar deur gewone troepies. Hierdie boek oorbrug die gaping tussen verlede en hede – Lamprecht beskryf hoe hierdie troepe vir die afgelope 30 jaar hul oorlogstrauma hanteer.

Die Heerser van die Ringe 30 Oct 2020

R15

Een Ring om oor almal te heers, een Ring om hulle te vind,
Een Ring wat almal bring en in die duisternis saambind
Hoewel J.R.R. Tolkien se ikoniese The Lord of the Rings geen bekendstelling nodig het nie, is die Afrikaanse vertaling daarvan ’n geweldig opwindende eerste. Kobus Geldenhuys is die vertaler van Die Twee Torings en Die Koning keer terug, en is bekend vir sy kinderboek-vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl.

Die pad na selfbestuur 30 Oct 2020

R15

Die feite spreek vanself: Die Afrikaner is in ’n volskaalse bestaanskrisis. Die redes hiervoor is al dikwels in die verlede ondersoek, maar nog nooit só brutaal eerlik, só trompop en só daadwerklik gekonfronteer as in Die pad na selfbestuur: anderkant die mislukking van staatsbestuur nie. Dié boek ondersoek die krisis waarin die Afrikanergemeenskap sigself bevind, sowel as voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon.

Die storie van Racheltjie de Beer 30 Oct 2020

R15

Racheltjie, haar Pa, haar boetie Jamie en Frikkie die hanskalf trek al maande lank na die groot stad, maar wanneer hul ossewa breek, moet hulle oorbly by Tant Soekie se verlate ou plaashuis. Daardie nag word Racheltjie wakker en sien dit sneeu, maar haar boetie is skoonveld. Sy weet sy moet hom veilig hou, en gaan soek hom in die koue nag. Antoinette Louw lees die verhaal voor.

Die verbeeldingshorisonne van romanskryfsters 30 Oct 2020

R15

Christine Barkhuizen-le Roux se oeuvre sluit in die romans Padmaker en Drieklawerblaar. Haar nuutste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra skreiende, dapper vrae: wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? Daarteenoor verskyn Dis ek, Anna onder Anchien Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter. Onder haar eie naam publiseer sy Nooit is ’n lang, lang tyd en Vermis op Allesverloren. Somtotaal, haar eerste roman in vyf jaar, handel oor vriendskap, leuens en vergifnis, en sal geen leser onaangeraak laat nie.

Die Wêreldoorloë in Suid-Afrikaanse letterkunde 30 Oct 2020

R15

Die Eerste en Tweede Wereldoorloë het nooit die plek van die Tweede Anglo-Boereoorlog ingeneem in die psige van veral die Afrikaners nie. Tog was daar ’n beduidende deelname van Suid-Afrikaners in albei oorloë. Die gesprek sal fokus op die relatiewe afwesigheid van Afrikaanse letterkundige werke oor hierdie twee oorloë; dalk met nuwe ontdekkings daaroor.

En daar was dagga 30 Oct 2020

R15

Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig, maar is waarskynlik die bekendste vir die psigotropiese effekte van die aktiewe bestanddeel tetrahidrokannabinol (THC). Die vraag of dagga verslawend is, is nog nie heeltemaal duidelik nie en vandag word baie navorsing gedoen om korrekte inligting beskikbaar te stel. Heinz Mödler gesels met Albertus Kleingeld om meer uit te vind aangaande hierdie besonderse plant.

Huis van gruwels: my 16-jaar in die Springs-hel 30 Oct 2020

R15

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. Sy vertel hierdie herinneringe aan ervare joernalis, Susan Ciliers, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Journeys to the heart of modern South Africa 30 Oct 2020

R15

Parcel of Death: the biography of Onkgopotse Abram Tiro recounts the little-told life story of Onkgopotse Tiro, the first South African freedom fighter assassinated with a parcel bomb outside the country’s borders. These are not gentle people: a true story describes the events which took place when a group of forty men gathered in a dusty field on a farm outside Parys in the Free State. It is a gripping tale of crime, punishment and redemption. Come along on a journey into the heart of modern South Africa.

Kortverhaalfeeste 30 Oct 2020

R15

Kom vier saam met ons hierdie sonderlinge fiksievorm, die kortverhaal. Ware kenners van dié vorm kombineer die elemente van karakter, omgewing, konflik, intrige, en tema op meesterlike wyse. In haar kortverhaaldebuut, Luistervink, bied Bloemfonteiner Madré Marais vernuwing op vele vlakke, met elke verhaal wat iets ongewoons bevat. Daarteenoor dokumenteer Jolyn Phillips met haar bekroonde bundel, Tjieng Tjang Tjerries and other stories, die unieke wêreld van die Gansbaai-vissersgemeenskap.

NALN: ’n waardevolle bron van navorsing 30 Oct 2020

R15

NALN bevat heelwat Afrikaanse manuskripte van belang; ’n waardevolle bron van navorsing. Manuskripte word toenemend belangrik in die literatuurwetenskap (veral binne die sogenaamde edisiewetenskap). Verskillende versies van boeke kan vergelyk word waaruit die genese van ’n werk gekonstrueer kan word; iets wat vir beskrywing en interpretasie belangrik is. In die gesprek sal ook gefokus word op manuskripte in NALN se besit, hoe hulle bewaar word, wie toegang het, die hantering van embargo`s, ens.

Om te boer in SA in 2020 30 Oct 2020

R15

Vrystaters ken die uitdagings en geleenthede van hierdie sektor van binne. Uitdagings soos moontlike onteiening en klimaatsverandering. Geleenthede soos hennep/dagga en tegnologie, sowel as die moontlikheid om ’n rol te speel in werkskepping en ontwikkeling. Hierdie drie skrywers sien almal die land se boere as ’n bron van hoop en groei. Kom luister na stories en praat saam oor die moderne variasie van ’n boer maak ’n plan.

Ons Japie 30 Oct 2020

R15

’n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in die genre van vroue se herinneringe aan die Anglo-Boereoorlog is die dagboek van Anna Barry. Ons Japie bied ‘n unieke en veelkantige beeld van die oorlog soos dit in die Suidoos-Vrystaat gewoed het. Vir Anna is die oorlog ’n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied ’n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos identiteit, lojaliteit en volk.

Picasso’s keerzijde 30 Oct 2020

R15

At the end of 2018, as a private detective, Mira Feticu went looking for the lost Tête d’Arlequin by Picasso, one of the seven artworks that were stolen from the Rotterdam Kunsthal by a Romanian gang in 2012. The reason for the search is an anonymous letter that she received, stating where the Picasso would be located. She sets off recklessly, enthusiastic and full of hope. Traveling through her native Romania, she sheds a poignant new light on this still unsolved art theft.

Robey Leibbrandt: ’n lewe van fanatisme 30 Oct 2020

R15

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser Robey Leibbrandt is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s op ’n epiese tog in ’n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur. Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi’s en die Ossewabrandwag te dien. Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind is? Die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.

Spanningsverhale onder die loep 30 Oct 2020

R15

Twee vroueskrywers, Anel Heydenreich en Irna van Zyl, skryf twee uiteenlopende spanningsverhale, Die afloerder en Bloedsteen onderskeidelik. Beide boeke het vrouens as hoofkarakter, joernalis Anje Bruwer en speuradjudant Storm van der Merwe, en beide ondersoek komplekse menseverhoudinge – tussen joernalis en speurder, ouer en kind, ekskollegas. Dog is die verhale wêrelde uitmekaar: Anje bevind haarself in die platteland en vasgevang in die web van ’n reeksmoordenaar teenoor Storm wat die moord op ‘n Suid-Afrikaanse modeontwerper, asook protesaksies op Hermanus, moet ondersoek.

They called me queer 30 Oct 2020

R15

They called me queer is a collection written by Africans who self-identity as lesbian, gay, bisexual, transgender, queer, intersex and asexual (LGBTQIA+). This collection of stories is a testimony to the LGBTQIA+ community, an assertion of their struggles, but also their triumphs and joys. These are their stories of acceptance and rejection, of young love and old lovers, of the agonising thrills of coming out and into themselves, of family and community.

Tiener-intriges 30 Oct 2020

R15

In Sindikaat vertel Annerle Barnard van die sestienjarige Paul wat per abuis ’n smokkelary ontdek. Saam met sy vriende, Adriaan en Karlien, ontaard ’n vakansie, wat eintlik ’n avontuur moes wees, in ’n nagmerrie. In Donker Web, die langverwagte vervolg van Onderwêreld, vertel Fanie Viljoen van Greg Owen, voormalige hoofseun van die private seunskool Lawson Kollege en kuberkraker van formaat. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme. Maar wie en waar is die Butcher?

Van groot belang 30 Oct 2020

R15

Nachoem Wijnberg is een van Nederland se mees prominente lewende skrywers. Sy digkuns is bekend vir sy bedrieglik eenvoudige taalgebruik, en sy gedigte kan, volgens die digter, verstaan word deur enigeen wat ’n koerant kan lees. Sluit aan by Wijnberg en gasheer Hennie van Coller terwyl hulle uitbrei oor sy bundels, waaronder Eerst dit, dan dat, Liedjies, Divan van Ghalib, en Van groot belang.

’n Pampoen vir Kersfees 30 Oct 2020

R15

Hennie van Coller skryf al sedert 2000 op ’n gereelde grondslag rubrieke vir Die Volksblad. Sy lig-spottende – en dikwels satiriese – aanslag is kenmerkend hiervan. Die onderwerpe wissel van sy legendariese buurvrou, die buiteland, tot kos en drank. Op aandrang van lesers is ’n keur hiervan gebundel en uitgegee deur die dinamiese uitgewer, Naledi. Die redakteur van Die Volksblad, Gert Coetzee praat met hom.

Alleen onder die maan 30 Oct 2020

R15

Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land te regeer met ’n buitelandse rekenaarstelsel, wat werk op kunsmatige intelligensie. Selfs hofsake word deur ’n rekenaar behartig. In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). In Alleen onder die maan ondersoek Willem Krog die impak van tegnologie en die digitale revolusie op menslike verhoudings en persoonlike vryheid.

ANC-politiek en ons almal se toekoms 30 Oct 2020

R15

Die ANC gaan nie gou onttroon word nie. Suid-Afrika se toekoms, minstens die volgende dekade of wat, is in hulle hande. Ons vra dus almal: Gaan Ramaphosa oorleef of gaan die terugveg-magte wen? Kan Eskom gered word? Het die regering die ruggraat om te doen wat nodig is? Om dit vinnig genoeg te doen? Gaan ons oukei wees? Jan-Jan Joubert, deurwinterde politieke joernalis, en Oscar van Heerden, akademikus wat self vroeër in die hart van die ANC gewerk het, is uitstekend geplaas om lig te werp op hoe dit kan uitspeel.

Barend Barends – die vergete kaptein van Danielskuil 30 Oct 2020

R15

Bart de Graaff, Nederlandse historikus en joernalis, se boek Barend Barends – die vergete kaptein van Danielskuil, is ’n speurtog op die spoor van hierdie byna vergete Griekwakaptein. De Graaff wissel stukkies en brokkies onbekende geskiedenis af met onderhoude wat hy gevoer het met die huidige inwoners van Danielskuil. Sy eie ervarings en waarnemings vorm ’n integrale deel van die vertelling. De Graaff is in gesprek met Daniel Hugo, vertaler van die boek in Afrikaans.

Die verdriet van België 30 Oct 2020

R15

Die verdriet van België omvat die tydperk 1939–1947: vrede, oorlog, vrede. Die Vlaamse lewenswyse in hierdie historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in ’n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

Jeanne Goosen – ’n lewe vol sinne 30 Oct 2020

R15

’n Biografie van die skrywer-digter-dramaturg Jeanne Goosen deur Petrovna Metelerkamp word vanjaar bekendgestel. Die veelkleurige lewensverhaal van dié buitestander maar tog volkskrywer, só bekend vir Ons is nie almal so nie en ’n Pawpaw vir my darling, verskyn onder die titel Jeanne Goosen – ’n lewe vol sinne. Dit sluit voorheen onbekende, verrassende vertellings en foto’s in. Ook herinneringe van vriende soos Sandra Prinsloo, Mimi Coertse, Lizz Meiring, Christina Landman, Katinka Heyns en briewe uit Jeanne se pen.

Soos familie 30 Oct 2020

R15

Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken het – en op min plekke vind hierdie gegewe so intrigerend neerslag as in die letterkunde. Die bekroonde boek Soos familie is ’n verkenning van die rol van huisbediendekarakters in stadsboeke: van Minnie Postma se klein Julia en Elsa Joubert se Poppie tot Antjie Krog se Victoria. Persoonlike ervarings soos onder meer opgeteken deur Sindiwe Magona word ook bespreek.